Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Afrikaans > Ongepubliseerde skrywers

Leopard’s Leap 60-woorde-kompetisie


Jacques Maree - 2011-03-10

Versigtig. Koning Leeu loop rond.
Stadig maar seker nader aan die water.
Hiëna ruik, ruik die lug. Hy lag, maar ons sluip verby.
Een trap in Luiperd se spoor. Almal sidder.
Pofadder lê en bak in die laaste son.
Ons ruik al die water. Skielik – ons het dit!
Party kyk rond. Ander suip pense vol.
Dan, tragedie. Krokodil. Totsiens een.

Welkom in Afrika.